NewsNews

Boer tien keer geskiet en leef na plaasaanval

’n Boer is Dinsdag, 25 Augustus tien keer raakgeskiet tydens ‘n plaasaanval by Muiskraal in die Rysmierbult-omgewing nadat drie verdagtes vroeër sy tuinwerker oorval het.

’n Boer is Dinsdag, 25 Augustus tien keer raakgeskiet tydens ‘n plaasaanval by Muiskraal in die Rysmierbult-omgewing nadat drie verdagtes vroeër sy tuinwerker oorval het. Kol. Adéle Myburgh, ʼn Polisiewoordvoerder van Noordwes, sê André Marais (54) is in sy bene en voet geskiet en ernstig gewond nadat ʼn koeël die hoofslagaar in sy bobeen getref het. Hy is na die aanval in Mediclinic Potchefstroom opgeneem waarna hy ʼn operasie ondergaan het om sy are te heg. Volgens Diana King, woordvoerder van die hospitaal, is sy toestand stabiel en sterk hy in die hoësorgeenheid aan. Kol. Myburgh het bevestig dat die aanval om 18:00 plaasgevind het toe drie verdagtes ʼn tuinier (68) op die plaas buite sy sinkhuis oorval, vasgebind en binne sy huis met ʼn pistool aangehou het. Marais se honde het begin blaf toe die tuinier om hulp roep en hy het sy geweer geneem om buite ondersoek in te stel. Toe hy by die tuinier se huis kom, het die verdagtes op hom losgebrand. Marais het inmekaarsak waarna die verdagtes sy vuurwapen en ʼn mes by hom afgevat het. Hulle het daarna in ʼn silwerkleurige sedan gevlug. Boere wat die skote in die omgewing gehoor het, het dadelik na Marais se huis gery en paaie afgesper in ʼn poging om die aanvallers vas te keer.

Hier is ‘n skakel an die oorspronklike berig: https://potchefstroomherald.co.za/77316/boer-tien-keer-geskiet-en-leef-na-plaasaanval/

Related Articles

Back to top button