NewsNews

Veroordeelde plaasmoordenaar na 15 jaar vas

Veroordeelde plaasmoordenaar na 15 jaar vas

Die vasberadenheid van ao. Radebe, ’n speurder van Bethlehem, die hulp van die media en gemeenskap, het daartoe gelei dat ’n man wat die gereg na ’n dubbele plaasmoord vir 15 jaar ontduik het, uiteindelik weer agter tralies is. Die 40-jarige Thapelo Samuel Mokoena (Mlangeni) het in 2005 uit polisie aanhouding ontsnap, net ’n dag voor vonnisoplegging vir die grusame moorde op die 72-jarige Johanna van Niekerk en ’n plaaswerker, Tororo Tsholo (43). Tsholo is verwurg en Van Niekerk se keel afgesny toe hulle op 23 Augustus 2004 op die plaas Dankbaarheid buite Bethlehem vermoor is.

Nog ’n slagoffer, Augustine Mokoena, is vier keer raakgeskiet, maar kon wegkom. Danksy die inligting van die gemeenskap is Mlangeni verlede week by die Hlanganani myn in Gauteng gearresteer waar hy onder ’n ander identiteit gewerk het, het polisiewoordvoerder, brig. Motantsi Makhele, gesê. Mlangeni en sy vier makkers is destyds kort na die moorde gearresteer, maar Mlangeni het die aand voor hy in die rondgaande hof in Harrismith vir vonnisoplegging moes verskyn, uit die Makwane-polisieselle in Qwaqwa ontsnap.

Mlangeni moes verlede Vrydag weer op klagtes van moord, poging tot moord en ontsnapping uit wettige aanhouding in die hof verskyn het. Drie van Mlangeni se medebeskuldigdes is destyds elkeen 15 jaar gevangenisstraf opgelê, terwyl die vierde ’n lewenslange vonnis opgelê is. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Baile Motshenyane, het groot lof gehad vir die ondersoekbeampte, speur ao. Radebe se uitstekende werk, en die gemeenskap se hulp wat die polisie op die spoor van Mlangeni gesit het.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/41310/41310/?fbclid=IwAR2it-RXq8SqwyH3gbfAtYE9_JpKUz9rHlH2jrZw_l-06tnLe9qAaJSnBDQ

Related Articles

Back to top button