CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Sterrekyk op Deelfontein

Sterrekyk op Deelfontein

Parysenaars en besoekers van elders kry weer dié naweek geleentheid vir ´n onvergeetlike sterrekyk-uitstappie na Deelfontein in die Vredefort Koepel. Dit word Saterdag, 22 Augustus om 19:00 gehou. Frik le Roux van die Suid-Afrikaanse astronomie-vereniging se Pretoria-tak lei die aanbieding met Deelfontein se 12-duim Schmidt-Cassegrain-teleskoop, en begin soos gewoonlik met ‘n inleiding in die seminaarkamer langs die sterrewag. Jupiter en Saturnus, die twee interessantste planete, is tans goed sigbaar, en met die sterrekyk datum naby nuwemaan, sal die sterre in die Koepel se donker naghemel baie goed vertoon. Besoekers kan gerus verkykers saambring, want die groter konstellasies is daardeur beter sigbaar as in die sterk teleskope. Die uitstappie kos R100 per persoon. Bring warm klere en skoene saam, al behoort die nagtemperatuur teen Saterdag effens hoër te wees na die week se koue front verbygetrek het. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar, en die sterrewag is op die plaas met rigtingwysers aangedui. Bevestig vooraf bywoning per e-pos by gerhard@deelfontein.co.za of per SMS by 083 280 9784.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/41316/sterrekyk-op-deelfontein/?fbclid=IwAR27eJuuwlk7FagMG8ID09BsYFNMedNApYjUCFyYgUk96s_cDMhFcbKmG4I

Related Articles

Back to top button