CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Vanjaar se Rotara Kersmark afgestel

Die Rotara Kersmark wat reeds vir meer as dekade deel op Carletonville se jaarlikse kalender van aktiwiteite is, gaan nie vanjaar gehou word nie.

Volgens die skool se adjunkhoof, me. Marinda Robbertse, is dit weens die Covid-19 pandemie.
“Dit gaan die eerste keer in meer as 10 jaar wees wat ons nie die mark kan hou nie. Ons harte is seer!
“Ons leerders was weens dié pandemie vir ‘n geruime tyd nie by die skool nie.
“Daar was dus geen produksie van produkte nie,” sê sy. Robbertse voeg by dat wanneer die leerders wel gaan terugkeer, klasse ook net 50% vol gaan wees.
Dit het tot gevolg dat daar nie tyd is om genoeg produkte vir die mark te maak nie. Die mark word jaarliks aan die begin van November gehou om geld vir die skool in te samel.
Sy het die gemeenskap vir hul jarelange ondersteuning bedank en belowe dat daar volgende jaar weer ‘n mark sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button