NewsNews

Rioolbesoedeling in Mooirivier – munisipaliteit tree dalk te laat op

Nadat AfriForum en die JB Marks Verbruikers en Belastingbetalersvereniging (JB Marks VBV) verlede week die rioolbesoedeling van die Mooirivier onder die publiek se aandag gebring het, het die Herald se susterkoerant, die Potchefstroom Herald, verder ondersoek ingestel en ‘n boer genader wat direk deur die besoedeling geraak word. Nadat AfriForum en die JB Marks Verbruikers en …

Nadat AfriForum en die JB Marks Verbruikers en Belastingbetalersvereniging (JB Marks VBV) verlede week die rioolbesoedeling van die Mooirivier onder die publiek se aandag gebring het, het die Herald se susterkoerant, die Potchefstroom Herald, verder ondersoek ingestel en ‘n boer genader wat direk deur die besoedeling geraak word.

Nadat AfriForum en die JB Marks Verbruikers en Belastingbetalersvereniging (JB Marks VBV) verlede week die rioolbesoedeling van die Mooirivier onder die publiek se aandag gebring het, het die Herald verder ondersoek ingestel en ‘n boer genader wat direk deur die besoedeling geraak word.

Dries Grimbeek boer op die plaas Grimbeek Landgoed. Dié grond word al sedert die ontstaan van Potchefstroom deur dieselfde familie en hul nageslagte bewerk. Hy het ‘n melk- en saaiboerdery wat hy sy lewe lank al bedryf. Die Mooirivier vloei deur sy plaas en hoewel hy nie besproeiingsregte op die rivier het nie, het hy wel suipregte vir sy beeste.

Dries en sy seun Pieter het die Herald en die JB Marks VBV verlede Vrydag, 7 Augustus gaan wys waar hulle glo die beginpunt van die rioolstorting lê – by die pompstasie op die hoek van Govan Mbekirylaan en Chris Hanistraat.

Die riool vloei deur ‘n pyp, afkomstig van die pompstasie, onder deur Govan Mbekirylaan in ‘n sytak van die Mooirivier. Dit vloei dan deur die vleiland tot in die Mooirivier. Slierte toiletpapier en sanitêre ware hang aan die draad wat oor die rivier gespan is. Die rioolstank hang in die lug en die vuil water maak skuimopdrifsels wat verder in die sytak afdryf.

‘n Sytak van die Mooirivier, langs Govan Mbekirylaan oorkant die pompstasie, waarin die riool sedert Aprilmaand vloei.

Hierdie rioolwater vloei verder in die vleilande tot op Grimbeek Landgoed en verkleur die gras en riete met ‘n gryskleurige afsaksel. “Daar is nie meer ‘n insek- of dierelewe in die water nie en ons tel die afgelope maand dooie voëls langs die water op,” vertel Pieter.

Hy sê dat die beeste nie deur die vuil water gesteur word nie en drink dus die water as hulle nie gekeer word nie. “Ons moes ons beeste verskuif sodat hulle nie meer naby die water kan kom nie,” sê hy. Dries vertel dat hy reeds in April die rioolstorting in die Mooirivier by die munisipaliteit aangemeld het, maar dat hy tot dusver nog geen terugvoer gekry het of enige verandering gesien het nie.

Volgens die Grimbeeks het die besoedeling ‘n groot invloed op hul boerdery. “As ons die melkproduksie van verlede jaar April tot Julie met hierdie jaar se syfers vergelyk, het dit met die helfte verminder. Ons moet ook meer spuitstowwe gebruik en daar is beslis ‘n toename in inwendige parasiete soos lewerslakke by die beeste,” sê Dries.

Prof. Henk Bouwman, ‘n kundige in omgewingsbesoedeling en voël-ekologie aan die Noordwes Universiteit, sê hy het opgemerk dat die voëllewe al hoe minder geword het langs die rivier. “Dit is uiters skokkend dat die munisipaliteit nie die riool beter kan bestuur nie. Hoe langer hulle neem om die probleem op te los, hoe langer gaan dit vir die omgewing neem om te herstel. Selfs met goeie reënseisoene gaan dit jare neem.

Prof. Carlos Bezuidenhout, ‘n kundige in akwatiese mikrobiologie, water, sanitasie, gesondheid en energie sê ook dat rioolwater gewoonlik chemiese stowwe asook virusse en patogeniese bakterieë bevat wat van die mens afkomstig is en dat die water getoets moet word om seker te maak wat dit bevat.

‘n Gryswit afsaksel van die riool wat aan die riete en gras kleef.

Volgens Hans-Jurie Moolman, DA koukusleier, is die DA besig om kriminele klagtes teen die JB Marks munisipaliteit te lê. “Die munisipaliteit oortree die nasionale waterwet en die nasionale omgewingsbestuurswet. Die DA wil die verantwoordelike persone van die munisipaliteit, naamlik die munisipale bestuurder, krimineel vervolg. Daar is genoeg bewyse dat daar nalatiglik toegelaat is dat besoedeling aan ‘n skoon waterbron plaasgevind het,” sê Moolman. Volgens Moolman is die kwessie herhaaldelik geopper en sal daar nie aanspraak gemaak kan word dat die munisipaliteit nie ingelig is van die probleem nie.

Toe die Herald verlede Vrydag die pompstasie besoek het, was daar ‘n palissade muur wat stukkend was wat die publiek toegang tot die pompstasie verleen het. ‘n Groot gat in die grond met groen water gevul en hope grond was die bewys van ‘n verwaarloosde pompstasie. Teen Dinsdag, 11 Augustus was daar egter vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd ‘n span werkers van die munisipaliteit wat die groot watergat afgekamp het en die palissade muur herstel het.

William Maphosa, woordvoerder van die JB Marks munisipaliteit, het Woensdag, 12 Augustus terugvoer aan die Herald gestuur. In sy verklaring sê hy dat die pompstasie langs Govan Mbekirylaan vir ‘n tyd lank net een werkende pomp gehad het, terwyl die ander pompe besig was om herstel te word. “Die herstelwerk is afgehandel en die pompe is nou geherinstalleer. Die munisipaliteit beplan om die pompstasie in die nuwe finansiële jaar op te gradeer om die probleem permanent op te los,” sê Maphosa.

Die JB Marks VBV het later weer lugfoto’s laat neem wat wys dat die uiteindelike optrede van die munisipaliteit waarskynlik te laat is. Omgewingskundiges het aangedui dat die bome langs die rivier reeds besig is om te vrek.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Rioolbesoedeling in Mooirivier – munisipaliteit tree dalk te laat op

Related Articles

Back to top button