NewsNews

Polisie ondersoek saak na gewapende roof naby Potch dam

Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof na twee mans Woensdagmiddag (12 Augustus) by ‘n huis in Calderbanklaan vasgebind en beroof is. Volgens Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, is die tuinwerker buite deur vyf verdagtes oorval waarna hy binne die huis gedwing is. Daar is hy saam met ʼn 34-jarige man, wat in die huis bly, …

Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof na twee mans Woensdagmiddag (12 Augustus) by ‘n huis in Calderbanklaan vasgebind en beroof is.

Volgens Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, is die tuinwerker buite deur vyf verdagtes oorval waarna hy binne die huis gedwing is. Daar is hy saam met ʼn 34-jarige man, wat in die huis bly, op die vloer vasgebind. Hulle is met ʼn vuurwapen aangehou terwyl die rowers onder meer ʼn selfoon, skootrekenaar en geld gesteel het.

Nadat die rowers op die vlug geslaan het, het die man daarin geslaag om homself los te kry en die polisie gebel nadat hy die tuinwerker ook bevry het. Kapt. Aafje Botma het bevestig dat niemand in die aanval beseer is nie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Polisie ondersoek saak na gewapende roof naby dam

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button