NewsNews

12 Julie: Oor die 6 000 toets positief vir Covid-19 in die Wesrand

Die getal mense in ons omgewing wat positief vir die nuwe coronavirus getoets het, bly steeds styg.

Volgens die nuutste syfers van die Gautengse department van gesondheid is hier nou 1 351mense (styg van 1 262  gister) wat positief vir die virus getoets het in die Merafong City munisipale gebied. Altesaam 535 van hulle het reeds herstel.
Elders in die Wesrand is daar nou 3 214 mense (styg van 3 014  gister) wat positief getoets het in Mogale City. Altesaam 572 van hulle het reeds herstel.

Daar is 1422 (styg van 1 269 gister) mense in Rand West wat teen vandag positief vir die coronavirus getoets het, waarvan 305 herstel het.
Daar is ook 91 mense in die Wesrand wat positief getoets het wat nie van ‘n spesifieke munisipale gebied kom nie.

Die totale getal mense in die Wesrand wat positief vir die virus getoets het, staan nou op 6 078, waarvan 1 412 al herstel het.
Altesaam 58 pasiënte (styg van 52 gister) in die Wesrand is al aan Covid-19 dood.

 

Related Articles

Back to top button