NewsNews

Moordenaar van Smit-egpaar lewenslank gevonnis

Pfunzo Netshiangolwe (32), wat tereggestaan het op Boeta (69) en Lily (66) Smit se moorde, na hy hulle in 2017 met ʼn staalpyp aangerand het, is Donderdag, 9 Julie in die Klerksdorp Hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Pfunzo Netshiangolwe (32), wat tereggestaan het op Boeta (69) en Lily (66) Smit se moorde, na hy hulle in 2017 met ʼn staalpyp aangerand het, is Donderdag, 9 Julie in die Klerkdorp Hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Netshiangolwe het twee keer lewenslange gevangenisstraf op die twee moordaanklagte ontvang. Hy het ook tereggestaan op ʼn derde aanklag van roof met verswarende omstandighede waarvoor hy 15 jaar gevangenisstraf ontvang het. Die beskuldigde was ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Potchefstromers was geskok toe hulle op 1 Desember 2017 verneem het van die Smit egpaar se aanval. Pfunzo Netshiangolwe het in die vroeë oggendure Boeta en Lily herhaaldelik met ʼn staalpyp geslaan voordat hy met hul dubbelkajuitbakkie gevlug het.

Hul gesteelde bakkie is opgemerk nadat dit aan die buitewyke van die stad gerol, weer op sy bande beland het en die bestuurder toe verder gery het. Hy was later weer in ’n botsing betrokke, maar hierdie keer was buurtwaglede en veiligheidsgroepe kort op die sy hakke. Die polisie het hom net daarna in hegtenis geneem.

Boeta se kopbeserings was so erg dat hy op die toneel gesterf het. Lily is later na die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas, maar het twee maande daarna ook aan haar beserings beswyk.

Die stasiebevelvoerder van Potchefstroom, Brigadier Steven Moodley, het sy dank uitgespreek teenoor adjudant offisier Kevin Pretorius vir sy volgehoue toegeweiding tot die saak en die professionele wyse waarop hy die ondersoek hanteer het. “Dit is mense soos hy wat die beeld van die Suid-Afrikaanse polisie bou en weer vertroue tussen die gemeenskap en die polisie bewerkstellig”, het Moodley gesê.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/75307/moordenaar-van-smit-egpaar-lewenslank-gevonnis/

Related Articles

Back to top button