NewsNews

11 Julie: Nóg vyf mense in die Wesrand sterf aan Covid-19

Daar is tot dusver 57 inwoners in die Wesrand aan Covid-19 dood en die getal mense wat in dié distrik met die coronavirus besmet is, styg steeds al vinniger.

Volgens die nuutste syfers van die Gautengse department van gesondheid is hier nou 1 262 mense (styg van 1 186 gister) wat positief vir die virus getoets het in die Merafong City munisipale gebied. Altesaam 535 van hulle het reeds herstel.
Elders in die Wesrand is daar nou 3 014 mense (styg van 2 825 gister) wat positief getoets het in Mogale City. Altesaam 572 van hulle het reeds herstel.

Randwest het ook weer vir Merafong verbygesteek as die munisipale area in die Wesrand wat die tweede meeste inwoners het wat positief getoets het. Daar is 1 269 (styg van 1 161 gister) mense in Rand West wat teen vandag positief vir die coronavirus getoets het, waarvan 305 herstel het.
Daar is ook 95 mense in die Wesrand wat positief getoets het wat nie van ‘n spesifieke munisipale gebied kom nie.
Altesaam 52 pasiënte (styg van 46 gister) in die Wesrand is al aan Covid-19 dood.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button