NewsNews

9 Julie wat was

16 jaar gelede….

Leigh Matthews is op 9 Julie 2004, ‘n dag ná haar 21e verjaardag by die Bond-universiteit in Sandton ontvoer.
Haar ouers het twee ure later (12:00) ‘n oproep gekry waarin ‘n losprys geëis is en omstreeks 20:30 het haar pa Rob R50 000 naby die Grasmere-tolhek suid van Johannesburg afgelaai.

Donovan Moodley. Foto: Google Images

Haar liggaam is 12 dae later met 4 skietwonde in die veld langs die R82 in Walkerville deur ‘n munisipale werker gekry. Superintendent Piet Byleveld het die ondersoek in Augustus oorgeneem en die 24-jarige Donovan Moodley as hoofverdagte geïdentifiseer. Hy is in Julie die volgende jaar deur regter Joop Labuschagne lewenslange tronkstraf opgelê.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/67845/9-julie-wat-was/

Related Articles

Back to top button