NewsNews

17 Mei: SA het 14 355 Covid-19 gevalle, VSA nou meer as 1.5 miljoen

Volgens die nuwe SA Covid-19 gevalle wat gisteraand deur WHO (World Health Organization) bekend gemaak is, is daar nou 14 355 gevalle nadat daar nog 831 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 13 524). Daar is ook 14 nuwe sterfgevalle wat Covid-verband is wat die sterftesyfer op 261 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 6 478 pasiënte herstel. Daar is nog 7 616 aktiewe gevalle waarvan 119 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 439 559 toetse regoor die land gedoen.

Die  Wes-Rand het volgens die nuutste beskikbare getalle nou 68 geregistreerde Covid-19 gevalle, Die gevalle is: Mogale City: 43, Rand West: 15 en Merafong: 5. Daar is ook een geval wat nie aan ‘n spesifieke gebied binne die streek toegereken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 8 404 (149 sterftes) en (3 097 wat herstel het)

Gauteng – 2 262 (25 sterftes) en (1 583 wat herstel het)

Oos-Kaap – 1 812 (32 sterftes) en (746 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 498 (45 sterftes) en (806 wat herstel het)

Vrystaat – 153 (6 sterftes) en (108 wat herstel het)

Mpumalanga – 68 (0 sterftes) en (49 het herstel)

Noordwes – 64 (1 sterftes) en (28 het herstel)

Limpopo – 59 (3 sterftes) en (37 wat herstel het)

Noord-Kaap – 35 (0 sterftes) en (24 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 722 233 (gister was dit 4 628 821). Tot dusver het die virus reeds 313 266 lewens geëis (gister was dit 308 654) en 1 813 014 het herstel (gister was die aantal 1 759 702). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 113 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die top 10 lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 507 773 (vorige aantal 1 484 285) en 90 113 sterftes (vorige aantal was 88 507). ‘n Totaal van 339 232 het tot dusver van die virus herstel.
  • Spanje – 276 505 gevalle (vorige aantal was 274 367) en 27 563 sterftes.
  • Rusland  – 272 043 (vorige aantal 262 843) en 2 537 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 240 161 gevalle (vorige aantal 236 711) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 34 466.
  • Brazil het verby Italië geskuif – 233 511 gevalle (vorige aantal 220 291) en 15 662 sterftes.
  • Italië – 224 760 gevalle (vorige aantal 223 885) en die derde hoogste sterftesyfer van 31 763.
  • Frankryk – 179 365 gevalle en 27 625 sterftes.
  • Duitsland – 176 244 gevalle (vorige aantal 175 699) en 8 027 sterftes.
  • Turkye – 148 067 gevalle (vorige aantal 146 457) en 4 096 sterftes.
  • Iran – 118 392 gevalle (vorige aantal 116 635) en 6 937 sterftes.

 

  • * (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 947 gevalle (vorige aantal 82 941) en staan reeds ‘n geruime tyd stil met 4 633 sterftes. Daar is nog net 87 aktiewe gevalle in die land). – statistiek vanaf Covid-19 Worldometer  webblad.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Mei 17: SA het 14 355 Covid-19 gevalle, VSA nou meer as 1.5 miljoen

Related Articles

Back to top button