NewsNews

Ja vir alle aanlyn kleinhandel, maar steeds ‘n nee vir drank en sigarette

Alle aanlyn kleinhandel toegelaat maar sigarette en drank sal jy steeds nie kan koop nie.

Nuwe riglyne wat gister, Donderdag 14 Mei aangekondig is, bepaal nou dat alle aanlyn kleinhandel toegelaat word terwyl die land nog in vlak 4 van inperking is, MAAR dit is steeds ‘n nee vir sigarette en drank, waarvan die verkoop van hierdie produkte nie onder vlak 4 regulasies toegelaat word nie.

Selfs tydens Woensdagaand 13 Mei se toespraak van president Cyril Ramaphosa was daar ook steeds geen duidelikheid oor wat vlak 3 inperkingsregulasies vir die verkope van drank en sigarette sal inhou nie. Die verwagting is dat groot dele van die land teen einde Mei na vlak 3 inperking sal beweeg.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/37598/ja-vir-alle-aanlyn-kleinhandel-maar-steeds-n-nee-vir-drank-en-sigarette/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button