NewsNews

Brand verwoes familie van 9 se huis

‘n Verwoestende brand het gistermiddag omstreeks 15:30 die Nelson-familie van Vereeniging se woning in 190 Generaal Hertzogweg in Drie Riviere in puin gelê. Al hulle aardse besittings is in die brand vernietig. ‘n Bejaarde egpaar en twee ander volwassenes en drie kinders was in die huis toe die brand ontstaan het. Mnr. Carel Nelson die eienaar…

‘n Verwoestende brand het gistermiddag omstreeks 15:30 die Nelson-familie van Vereeniging se woning in 190 Generaal Hertzogweg in Drie Riviere in puin gelê. Al hulle aardse besittings is in die brand vernietig. ‘n Bejaarde  egpaar en twee ander volwassenes en drie kinders was in die huis toe die brand ontstaan het. Mnr. Carel Nelson die eienaar van die huis, het glo ‘n middagslapie geniet toe sy vrou hom wakker geskud het. Nelson-hulle het glo deur ‘n venster uit die brandende huis ontsnap.

Daar word vermoed dat die brand weens ‘n elektriese kortsluiting ontstaan het. Die plaaslike gemeenskap het ook nie op hulle laat wag nie en het dadelik ingespring om die familie te help. DA-raadslid Daleen Venter en Showers of Blessings was ook kort na die brand op die toneel om die familie te ondersteun. Na wat verneem word, gaan Tudor Gasteshuis die familie vannaand huisves. “My hart gaan uit na die mense toe. Hulle het alles verloor tot die pensioengeld wat hulle vandag getrek het,” sê Rudy Francis, ‘n korrespondent van Vaalweekblad, wat op die toneel was.  Volgens hom het raadslid Venter letterlik die klere van haar lyf vir een van die bejaarde inwoners gegee. Diegene wat belangstel om die Nelson-familie te help kan  Carel Nelson by 072 792 3313 of Rudy Francis by 061 482 9412 skakel.

 

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/62258/brand-verwoes-familie-van-9-se-huis/

 

Related Articles

Back to top button