NewsNews

11 Mei: SA steek 10 000 kerf van Covid-19 gevalle verby

Volgens die nuwe SA se Covid-19 gevalle wat gister bekend gemaak is, is daar nou 10 015 gevalle nadat daar nog 595 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 9 420). Daar is ook 8 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 194 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 4 173 pasiënte herstel. Daar is nog 5 648 aktiewe gevalle waarvan 77 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 341 336 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die nuuste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in die Wesrand, is daar tot dusver 56 positief-getoetste gevalle geregistreer. In Merafong is daar 4, in Mogale City (38) en in Rand West is daar 12. Altesaam 34 van die bogenoemde pasiënte het herstel wat beteken dat daar 22 aktiewe gevalle in die streek is. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 5 168 (98 sterftes) en (1 607 wat herstel het)

Gauteng – 1 952 (22 sterftes) en (1 247 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 353 (43 sterftes) en (606 wat herstel het)

Oos-Kaap – 1 218 (22 sterftes) en (519 wat herstel het)

Vrystaat – 135 (6 sterftes) en (105 wat herstel het)

Mpumalanga – 61 (0 sterftes) en (22 het herstel)

Limpopo – 54 (3 sterftes) en (28 wat herstel het)

Noordwes – 45 (0 sterftes) en (23 het herstel)

Noord-Kaap – 29 (0 sterftes) en (16 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 181 218 (gister was dit 4 101 974). Tot dusver het die virus reeds 283 876 lewens geëis (gister was dit 280 451) en 1 493 490 het herstel (gister was die aantal 1 441 866). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 367 638 (vorige aantal 1 347 309) en 80 787 sterftes (vorige aantal was 80 037).
  • Spanje – 264 663 gevalle (vorige aantal was 262 783) en 26 621 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk het opgeskuif na die derde hoofste plek met 264 663 gevalle (vorige aantal 215 260) en het ook die tweede hoogste sterftesyfer van 31 855.
  • Italië – 219 070 gevalle (vorige aantal 218 268) en die derde hoogste sterftesyfer van 30 560.
  • Rusland  – 209 688 (vorige aantal 198 676) en 1 915 sterftes.
  • Frankryk – 176 970 gevalle (vorige aantal 176 658) en 26 380 sterftes.
  • Duitsland – 171 879 gevalle (vorige aantal 171 324) en 7 569 sterftes.
  • Brazil – 162 699 gevalle (vorige aantal 156 061) en 11 123 sterftes.
  • Turkye – 138 657 gevalle (vorige aantal 137 115) en 3 786 sterftes.
  • Iran – 107 603 gevalle (vorige aantal 106 220) en 6 640 sterftes.
  • China – 82 918 gevalle (vorige aantal 82 901) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 141 aktiewe gevalle in die land.

Hier is ‘n skakel na die oorpronklike berig:

https://vaalweekblad.com/62009/11-mei-sa-steek-10-000-kerf-van-covid-19-gevalle-verby/

Related Articles

Back to top button