NewsNews

10 Mei: Covid-19 eis reeds meer as 80 000 lewens in VSA

Volgens die nuwe SA se Covid-19 gevalle wat gister bekend gemaak is, is daar nou 9 420 gevalle nadat daar nog 525 gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 8 895). Daar is ook 8 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 186 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 3 983 pasiënte herstel. Daar is nog 5 251 aktiewe gevalle waarvan 77 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 324 079 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die nuuste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in die Wes-Rand, is daar tot dusver 55 positief-getoetste gevalle geregistreer. In Mogale City is daar 37, in Rand West 12 en in Merafong is daar 4. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 4 809 (95 sterftes) en (1 122 wat herstel het)

Gauteng – 1 910 (19 sterftes) en (1 036 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 308 (42 sterftes) en (420 wat herstel het)

Oos-Kaap – 1 078 (21 sterftes) en (388 wat herstel het)

Vrystaat – 134 (6 sterftes) en (102 wat herstel het)

Mpumalanga – 61 (0 sterftes) en (22 het herstel)

Limpopo – 51 (3 sterftes) en (27 wat herstel het)

Noordwes – 41 (0 sterftes) en (20 het herstel)

Noord-Kaap – 28 (0 sterftes) en (16 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 101 974 (gister was dit 4 015 253). Tot dusver het die virus reeds 280 451 lewens geëis (gister was dit 276 269) en 1 441 866 het herstel (gister was die aantal 1 387 527). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 347 309 (vorige aantal 1 322 163) en 80 037 sterftes (vorige aantal was 78 616).
  • Spanje – 262 783 gevalle (vorige aantal was 260 117) en 26 478 sterftes.
  • Italië – 218 268 gevalle (vorige aantal 217 185) en die derde hoogste sterftesyfer van 30 395.
  • Verenigde Koninkryk – 215 260 gevalle (vorige aantal 211 364) en die tweede hoogste sterftesyfer van 31 587.
  • Rusland  – 198 676 (vorige aantal 187 859) en 1 827 sterftes.
  • Frankryk – 176 658 gevalle (vorige aantal 176 079) en 26 310 sterftes.
  • Duitsland – 171 324 gevalle (vorige aantal 170 588) en 7 549 sterftes.
  • Brazil – 156 061 gevalle (vorige aantal 146 894) en 10 656 sterftes.
  • Turkye – 137 115 gevalle (vorige aantal 135 569) en 3 739 sterftes.
  • Iran – 106 220 gevalle (vorige aantal 104 691) en 6 589 sterftes.
  • China – 82 901 gevalle (vorige aantal 82 887) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 148 aktiewe gevalle in die land.

 

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://vaalweekblad.com/61941/10-mei-covid-19-eis-reeds-meer-as-80-000-lewens-in-vsa/

Related Articles

Back to top button