As jy gedink het jy gaan in jou motor klim en in ‘n park, iewers langs die rivier of waar ‘n lekker opdraand is gaan oefen – dan is die antwoord nee.
Jy mag net binne ‘n radius van 5km van jou huis af oefen
Dit beteken jou oefenroete begin en einde by jou huis volgens vlak 4 inperkingsregulasies.
En dan mag jy ook net oefen tussen 06:00 en 09:00 soggens. Jy kan stap, draf of fietsry, maar wat jy ookal doen mag nie in ‘n groep gedoen word nie.
Vir dié wat gewonder het oor maskers – ja as jy oefen moet jy ook ‘n masker dra, want sodra jy uitbeweeg in die straat is ‘n masker ‘n moet.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://parysgazette.co.za/37405/wag-n-bietjie-jy-ry-nerens-om-te-gaan-oefen-nie/