NewsNews

In huis geskiet voor hy kon emigreer

Baie mense voel onveilig in Suid-Afrika en wil graag na enige ander land emigreer. Nog so ‘n pesoon is ‘n 54-jarige man wat op die punt was om na Kanada te emigreer, maar nou om sy lewe moet veg na hy verskeie kere deur ‘n inbreker in sy huis geskiet is. Die 54-jarige George Spalding…

Baie mense voel onveilig in Suid-Afrika en wil graag na enige ander land emigreer. Nog so ‘n pesoon is ‘n 54-jarige man wat op die punt was om na Kanada te emigreer, maar nou om sy lewe moet veg na hy verskeie kere deur ‘n inbreker in sy huis geskiet is.

Die 54-jarige George Spalding van Rustenburg word in die intensiewe sorgeenheid van die provinsiale hospitaal in Rustenburg behandel, nadat hy na wat verneem kan word sowat vier keer Donderdagoggend (tussen 03:00 en 04:00) geskiet is.

Die inbreker het toegang tot die huis gekry deur ‘n venster te breek en die diefwering oop te buig. Na hy geskiet is het George in sy motor geklim en straat toe gery. Hy het op die toeter van sy motor gelê maar niemand in die woonbuurt het uitkom nie. Hy was genoodsaak om etlike kilometers na vriende te ry waar hulle hom gehelp en hospitaal toe geneem het.

Related Articles

Back to top button