NewsNewsSportSport

La Montage se ruiters wys weer hul staal

Verskeie jong ruiters van die La Montage Equestrian ryskool op Carletonville het weer gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Van die klub se ruiters het die naweek van 6 en 7 Julie aan verdere kwalifiseerders vir die “Sanesa Saddle Seat Equestrian”-kompetisie by die Afridome by Parys deelgeneem. Sanesa is die Suid-Afrikaanse nasionale skole perdry assosiasie.
La Montage se ruiters het tien eerste plekke, ses tweede plekke, twee derde plekke, ‘n vierde, vyfde en twee sewende plekke ingepalm. Die vyfjarige Charmonique Janse van Rensburg het op Jimi twee eerste plekke in die ryperd-, asook twee eerste plekke in die ruiterkuns-afdeling van die Vlak 0 leiriem-stapklas huis toe gebring.
Dina-Marie Bradnick, wat in Gr R is, het op die perd Jack of Hearts ook vier eerste plekke in die leiriem-drafklas ingepalm.
Cheree Strydom, wat in Gr 2 is, het op 6 Julie op Twilight Sparkle tweede plekke in die ryperd en ruiterkuns-afdelings van die Vlak 1 stap en drafklas ingepalm. Sy het die volgende dag ‘n derde plek in die ruiterkuns- en ‘n vyfde plek in die ryperd-afdeling behaal.
Ethan Bradnick, in Gr 6, het op sy perd Maroy Gloria op 6 Julie die eerste plek in die in hand-stapklas ingepalm. Hy was die volgende dag die naaswenner in dié klas. Hy het ook die Saterdag die ruiterkuns-afdeling van die Vlak 2 stap en drafklas gewen en die volgende dag tweede in dieselfde klas gekom. Ethan het ook ‘n tweede- en derde plek in die ryperd-afdeling ingepalm.
Cherenique Janse van Rensburg, óók in Gr 6, het op die perd Jims op Vlak 4 in die driegangklas deelgeneem. Sy het ‘n sewende en vierde plek in die ryperdafdeling en ‘n sewende- en tweede plek in die ruiterkunsafdeling ingepalm.

Related Articles

Back to top button