NewsNewsSportSport

Kom ondersteun CRC Vrydagaand

Carletonville Rugby Club (CRC) draf weer Vrydagaand uit op hul tuisveld.

Volgens die klub se organiseerder, Barney de Koker, kom CRC teen opponente van die sterk Union rugbyklub van Johannesburg te staan.
Die wedstryd sal om 20:00 op CRC se tuisveld by Hoërskool Carletonville plaasvind.
“Ons nooi almal uit om die span te kom ondersteun,” sê De Koker.
Die wedstryd wat verlede naweek teen Kagiso gespeel sou word, is uitgestel omdat laasgenoemde klub nie die nodige paramedici in plek gehad het nie.
CRC is tans derde in hul liga.
Die span van die Rams rugby-akademie van Fochville loop tans voor in die liga.

Related Articles

Back to top button