NewsNewsSportSport

Dorado’s presteer weer

Junior lede van Dorado Skibootklub het weer die afgelope vakansie gewys dat dié klub vir niemand in die land hoef terug te staan nie.

Vier lede van die klub het van 24 tot 29 Junie aan die Junior Bodem Nationals in Oos-Londen deelgeneem.
Gus de Bod, ‘n leerder van Carletonville Hoërskool, is gekies om die o.19 SADSAA (Suid Afrikaanse Diepsee Hengel Assosiasie) span te verteenwoordig. Hy het saam met sy spanmaats baie goed presteer en het ‘n vierde plek verower. Gus is ook as sewende beste hengelaar van al die o.19 hengelaars aangewys.
Reynard Koekemoer, ‘n Dorado-lid wat aan Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom skoolgaan, is saam met Franco Pretorius en Ruben Els, wat albei leerders van Laerskool Dagbreek is, vir die o.16 GDSAA (Gauteng Diepsee Hengel Assosiasie) span gekies. Reynard was die span se kaptein.
Hulle het beslis gewys dat Gauteng ook kan hengel en die hele week al die ander provinsies op hul tone gehou.
Met ‘n baie klein verskil tussen punte, het dié span ook ‘n vierde plek tussen die sewe provinsiale spanne verower. Franco Pretorius is ook individueel as die sewende beste tussen die o0.16 hengelaars aangewys. Reynard was 10de en Ruben Els 18de.
“Die Dorado’s is baie trots op hul junior hengelaars wat so goed presteer op nasionale vlak,” sê ‘n woordvoerder van die klub, Blyde Pretorius.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button