NewsNews

Fochies wys hul staal by die Cravenweek

Drie rugbyspelers van Hoërskool Fochville het die afgelope vakansie tydens die Cravenweek gewys waartoe hulle in staat is.

Drie van die skool se spelers, Jonathan Coetzee, Luhan Pieterse en JJ van Zyl is vir die o.18 Goue Leeus XV Akademiese span gekies. Jonathan is as die span se kaptein gekies, terwyl Luhan die onderkaptein was.
Dié span moes in die koue Bloemfontein hul staal teen die beste spelers van al die ander provinsies wys.
“Spanne oor die hele land het deelgeneem en dit was ‘n groot eer vir die drie Fochies om hul provinsie en skool te verteenwoordig,” sê ‘n woordvoerder van die skool, mnr. Jaco Pretorius.
Pretorius het ook die eerstespan se afrigters, mnre. McLeod en Hefer, vir hul ondersteuning en harde werk met die drie spelers bedank.

Related Articles

Back to top button