NewsNews

Een dood en twee beseer in ongeluk op R42

Een dood en twee beseer in ongeluk op R42

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ernstige ongeluk net na 18:00 Saterdagaand 22 Junie het die lewe geneem van ‘n man en sy passasier is in ‘n kritieke toestand terwyl die bestuurder van die tweede voertuig lig beseer is.

Die ongeluk het op die Bararageweg (R42) skuins oorkant die Vaal Uitsig Winkel net voor die R553 afdraai plaasgevind. Die bestuurder van die Ford Bantam Leisure is opslag dood terwyl sy vroulike passasier op die toneel deur ER24 paramediese personeel gestabiliseer is en na die Sebokeng hospitaal vir behandeling. Die bestuurder van ‘n Volkswagen Caddy het sowat 75m daarvandaan in die oorkant van die pad gelê en is lig beseer. Die Caddy het op sy dak gelê terwyl die bakkie se agterkant feitlik verwoes is. Die Emfuleni Fire en Rescue was ook op die toneel en het bygestaan om die liggaam uit die voertuig te haal.

Die SAP ondersoek die ongeluk.

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

 

 

Related Articles

Back to top button