NewsNews

Wanneer kan ’n kind in die tronk gesit word?

Die afgelope paar weke het Suid-Afrika ’n stortvloed misdade beleef waar kinders verskriklike misdade teen mekaar, en selfs teen volwassenes, pleeg.

Die afgelope paar weke het Suid-Afrika ’n stortvloed misdade beleef waar kinders verskriklike misdade teen mekaar, en selfs teen volwassenes, pleeg. Gemeenskapslede van regoor die land vra dat hierdie kinders met die volle mag van die reg gestraf word.

Prof Pieter du Toit van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte verduidelik die proses wat volg nadat ’n kind ’n misdaad gepleeg het.

Die ouderdom en toerekeningsvatbaarheid van die kind

Daar word gemeen dat ’n kind jonger as 10 jaar nie toerekeningsvatbaar is nie, en nie vervolg kan word nie. Wanneer ’n kind tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar ’n misdaad pleeg, moet die staat bo redelike twyfel bewys dat die kind ten tyde van die voorval toerekeningsvatbaar was.

“Die reg is van mening dat kinders ouer as 14 wat misdade pleeg die verstandelike vermoë het om tussen reg en verkeerd te onderskei en die gevolge kan verstaan wat hulle optrede inhou,” sê prof Du Toit.

“Hulle word dus geag toerekeningsvatbaar te wees.”

Prof Du Toit sê dat wanneer ’n kind ’n misdaad gepleeg het, word hulle ingevolge die Child Justice Act (CJA) hanteer.

Met hierdie Wet val misdade in drie kategorieë. Skedule 1 is vir minder ernstige oortredings, en skedule 2 vir sake wat ernstiger is. Skedule 3 is vir misdade soos moord, verkragting, seksuele oortredings en roof met verswarende omstandighede.

Vir oortredings wat nie té ernstig is nie, kan die kinders uit die strafregstelsel weggekeer word. Daar is verskillende opsies vir hierdie wegkering, afhangend van die skedule van die oortreding.

Vonnis van ’n minderjarige

Die ernstigste sake word in die Kindergeregshof aangehoor. Nadat ’n kind aan ’n misdaad skuldig bevind is, kan hulle ’n vonnis van óf gevangenisstraf, óf niegevangenisstraf kry.

Prof Du Toit voeg by dat daar talle vonnisopsies is. Dit sluit in gemeenskapsgebaseerde vonnisse, portuurassosiasie, toesig en berading, skriftelike verskonings, vonnis van die kind tot ’n kinderjeugsorgsentrum en tronkstraf.

Hy sê ’n kind kan tronkstraf kry nadat hy tyd in ’n jeugsorgsentrum deurgebring het, maar daar is streng vereistes waaraan voldoen moet word voordat daardie besluit geneem kan word.

“Aanhouding van kinders ouer as 14 word slegs as ’n laaste uitweg oorweeg.’n Kind mag nie tot ’n termyn van meer as 25 jaar gevangenisstraf gevonnis word nie.”

Related Articles

Back to top button