NewsNews

Oud-raadslid en Rotariër sterf

‘n Bekende en geliefde inwoner van die omgewing en oud-raadslid, me. Marieta Venter (59), is dié week skielik oorlede.

Me. Venter is Maandag in Krugersdorp, waar sy by haar dogter gewoon het, aan ‘n hartaanval oorlede. Sy het vir jare op Welverdiend gewoon en het as deel van die Carletonville Rotariërklub talle behoeftiges in die omgewing gehelp. Sy het eers onlangs na haar dogter, wat ‘n stryd teen kanker voer, verhuis om haar by te staan. Haar ma, wat vir jare in Avondgloor versorg is, is ook onlangs oorlede.
“Marieta was vir verskeie jare die President van Carletonville se Rotariërs. Ek sal haar onthou as iemand wat altyd wou help. Sy het altyd ‘n sagte plekkie vir iemand in nood gehad. Sy het veral baie boeke by ons humanitêre sentrum gaan haal om vir skole in die omgewing te gee,” sê me. Raelene du Piesanie, huidige Rotariër President. Sy was ook van 2014 tot 2016 ‘n DA-raadslid in die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit. “Sy het baie hard gewerk in veral Welverdiend en Wyk 12 om mense te verteenwoordig. Ons het by Marieta geleer wat dit is om jou hart oop te maak en om te gee vir iemand wat seer het, of wat ‘n dringende behoefte het. Sy was altyd gretig om te help, hetsy as raadslid of as lid van die Rotariërs,” sê me. Ina Cilliers, DA-LP.
* Geen begrafnisreëlings was teen druktyd bekend nie.

Related Articles

Back to top button