NewsNewsSportSport

Fochies hou naam hoog in Presidentspan

Meer as die helfte van die Goue Leeus se o.19 Presidentspan bestaan vanjaar uit spelers van Hoërskool Fochville.

Meer as die helfte van die Goue Leeus se o.19 Presidentspan bestaan vanjaar uit spelers van Hoërskool Fochville.
Die Fochies, JJ van Zyl, Luhan Pieterse, Johnathan Coetzee, Marcel Engelbrecht, Ruan Labuschagne, James Randall, Albert Schutte en Estian de Wet draf dié seisoen vir die Presidentspan op die veld.
Dié span het ook tydens die St John’s College Paas rugbyfees gewys wat in hulle steek toe hulle St John’s met ‘n telling van 19 – 12 in die stof laat byt het.
Volgens Hoërskool Fochville se woordvoerder, Jaco Pretorius, is St John’s ‘n ultra groot privaatskool. Dié skool is in Houghton in Johannesburg. Die rugbyfees is op 18, 20 en 22 April gehou.
Intussen was Ruan Labuschagne ook die kaptein van die Goue Leeus skolespan.

Related Articles

Back to top button