NewsNews

Rower kom met niks weg na hy matriekseun met mes steek

Rower kom met niks weg na hy matriekseun met mes steek

Potchefstroom – ‘n Rower het homself Maandagoggend misgis toe hy dink dat hy ‘n matriekseun van Volkies van sy selfoon gaan beroof.

Volgens die seun se pa, was sy seun op pad skool toe.

“Hy het kortpad gevat oor die treinspoor waar die man hom voorgekeer het,” vertel die pa. Volgens hom het die verdagte die seun se fiets vas gegryp waarna hy sy selfoon geëis het terwyl hy hom met ‘n mes gedreig het. Die matriekseun het sy man gestaan waarna ‘n bakleiery ontstaan het.

“Hy het hom ‘n paar goeie houe gegee,” vertel die seun se pa.

Tydens die bakleiery het die verdagte die seun gebyt en met ‘n mes gesteek. Volgens sy pa het dit gelukkig nie sy long deurboor nie. Die verdagte het gevlug sonder die selfoon wat hy wou roof. Die seun het sy pa gebel waarna hy hospitaal toe is. Hy is oornag in die hospitaal gehou en het Dinsdagmiddag weer huis toe gegaan. Die seun was gister (17 April) weer terug by die skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button