NewsNews

Bejaarde sterf toe girokopter-lemme hom tref

Man sterf toe girokopter-lemme hom tref.

‘n Man vermoedelik in sy 70’s het Sondagmiddag tragies gesterf toe hy deur die lemme van ‘n girokopter getref is nadat dit neergestort het  in die Vaal Marina by Vereeniging.

Paramedici is om 12:oo na die toneel ontbied maar daar was niks wat hulle vir die man kon doen nie.

Die tragiese ongeluk het gebeur terwyl familielede besig was om die as van ‘n oorlede familielid  te strooi en ‘n noodlanding gedoen moes word waartydens die man getref is. Die vlieënier en passasier is ook beseer.

Ons innige medelye aan die familie wat geraak is deur hierdie tragiese ongeluk.

Related Articles

Back to top button