NewsNewsSportSport

Video: Luiperds verras “Coach Arend” met 22ste verjaarsdagpartyjie

Daar was vreugde in die lug toe die Luiperds Rugbyspan hulle grootste ondersteuner en “afrigter,” Arend van Wyk, se 22ste verjaarsdag saam met hom die afgelope naweek gevier het. Die Luiperds het ‘n verjaarsdagkoek in die vorm van ‘n rugbytrui, sowel as ‘n getekende foto en rugbybal as verjaarsdagpresente vir Arend gegee. Die grootste geskenk…

Daar was vreugde in die lug toe die Luiperds Rugbyspan hulle grootste ondersteuner en “afrigter,” Arend van Wyk, se 22ste verjaarsdag saam met hom die afgelope naweek gevier het.

Die Luiperds het ‘n verjaarsdagkoek in die vorm van ‘n rugbytrui, sowel as ‘n getekende foto en rugbybal as verjaarsdagpresente vir Arend gegee. Die grootste geskenk vir Arend was dat die Luiperds saam met hom sy verjaarsdag gevier het en ook vir hom gesing het: “Veels geluk liewe Arend omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar!”

Arend is al vir jare sinoniem met die Luiperds waar hy elke oefensessie en tuiswedstryd bywoon, en die span se sukses op sy mou dra.

Hierdie verjaarsdagpartyjie het by Seisoene in Potchefstroom plaasgevind.

Kyk die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button