NewsNews

Taxi-eienaars gaan Woensdag in Potchefstroom betoog

Verskeie wettige taxi-eienaars beplan om Woensdag 17 Oktober die strate in te vaar om teen die rooftaxi-bedryf te betoog.

Verskeie wettige taxi-eienaars beplan om Woensdag 17 Oktober die strate in te vaar om teen die rooftaxi-bedryf te betoog.
Die Herald het onlangs berig dat baie wettige taxi-eienaars se besighede erg skade ly as gevolg van die bedrywighede van onwettige of “rooftaxi’s”.
Taxi-eienaars glo dat hulle pleidooi op dowe ore val aangesien die verkeersafdeling hulle nie teen onwettige taxi’s beskerm nie.
Die munisipaliteit het op sy beurt gesê dat hulle wel wetstoepassing doen en waar toepaslik, lê hulle beslag op onveilige en onwettige taxi’s.
Die optog word beplan vanaf 09:00. Dit sal na verwagting by die Ikageng-stadion begin en by die munisipale kantoor eindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button