CommunityNews

Motorfietsryer sterf in ongeluk

VANDERBIJLPARK. – ‘n Motorfietsryer is Sondag 5 Julie tragies dood toe hy deur ‘n voertuig op sy motorfiets op die R42 in Barrageweg raakgery is.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Motorfietsryer is Sondag 5 Julie tragies dood toe hy deur ‘n voertuig op sy motorfiets op die R42 in Barrageweg raakgery is.

Mnr. Paul Kruger (48)
Mnr. Paul Kruger (48)

Mnr. Paul Kruger (48) was Sondagoggend net na 11:00 vanaf Jordaans se winkel op pad huis toe, toe hy by die pad by Laerskool Vaalrivier wou indraai. Hy het net sowat 200 meter van die pad af gewoon. ‘n Corolla, wat in die rigting van die Barrage op pad was, dieselfde pad as wat Paul gery het, het Paul se motorfiets aan die linker voorkant getref toe hy indraai.

Hierdie boom is ook deur die voertuig uit sy wortels geruk voordat dit tot stilstand gekom het. Foto: Jannie du Plessis
Hierdie boom is ook deur die voertuig uit sy wortels geruk voordat dit tot stilstand gekom het. Foto: Jannie du Plessis

Paul is oor die voertuig geslinger en sy valhelm het met die impak afgeval. Hy het in die pad te lande gekom. Die motorfiets is deur die Corolla gesleep en het ongeveer 80 meter verder, ‘n entjie voor die voertuig, tot stilstand gekom. Ambulanspersoneel van ER24 en Vaal Emergency Services was gou op die toneel, maar Paul was reeds dood. Die bestuurder van die Corolla is op die toneel in hegtenis geneem. Paul se plakkies, valhelm, room en ‘n twee liter Coke was stille getuies van die tragiese ongeluk, nadat hy gou inkopies gaan doen het.Volgens Paul se suster, Gerda Wilken, was Paul ‘n baie stil en saggeaarde persoon. Hy het by CV Centre gewerk.

Hy laat sy verloofde Gwen Deyzel, vier seuns JP, Andrè, Branden en ‘n stiefseun Theo de Winnaar agter. ‘n Diens word op 10 Julie by die Amen God Seën-gemeente, hoewe 87, Mullerstuine gehou en waargeneem deur past. Wynand Hanekom.

Related Articles

Back to top button