Local newsSport

Skopboksers palm medaljes in

Skopboksers van Carletonville het onlangs weer hul staal gewys.

Die vegters, wat almal lede van die Fight Street XKT Klub is, het op Saterdag 4 November aan die “Battle of the East” toernooi in Brakpan deelgeneem. Die byeenkoms is by die Brakpan Sportsentrum gehou.

Ongeveer ‘n honderd vegters het deelgeneem en hoewel die meeste van Gauteng was, was daar ook verskeie van ‘n klub van Kathu in die Noordkaap wat hul staal gewys het.

“Hierdie was ‘n ontwikkelingsbyeenkoms wat ook aan nuwer vegters die kans gegee het om te presteer,” sê hul afrigter, Shihan Chimmy van Winkel.

Volgens Van Winkel is hy baie tevrede met die vegters se prestasies.

Intussen het lede van die klub gister aan die “Race of the Warriors” kompetisie in Pretoria deelneem. Hierdie is ‘n volkontak-kragmeting vir meer ervare vegters.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button