Werkgewers bekommerd oor vermiste huishulp

As enigiemand iets weet of vir Sylvia gesien het, kontak die Erasmusse asseblief by 062 452 7309

Hennie en Ashley Erasmus van die Vaaldriehoek vra of enigiemand dalk hul huishulp, Sylvia, gesien het?
“Sy is die laaste keer op 31 Maart 2022 gesien. Sy sou die middag om 16:00 ‘n taxi van Vereeniging CBD na Klerksdorp geneem het na haar kinders toe, maar sy het nooit in Klerksdorp opgedaag nie,” laat weet die egpaar.
“Haar selfoon is af en niemand weet waar sy is nie. Sy is ook hier weg met net ‘n klein sak klere vir die naweek. Ons en haar kinders is baie bekommerd!”
As enigiemand iets weet, of vir Sylvia gesien het, kontak die Erasmusse asseblief by 062 452 7309.

Sylvia, die vermiste huishulp van die Erasmusgesin.

Related Articles

Back to top button