Probleme kort meer aandag

Indien mens na die afgelope week of wat se probleme kyk, sukkel die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit al meer om vinnig dienste aan die publiek te lewer.

Indien mens na die afgelope week of wat se probleme kyk, sukkel die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit al meer om vinnig dienste aan die publiek te lewer.
Inwoners kla al vir lank oor allerlei probleme wat met die munisipaliteit se dienslewering ervaar word. Van dié probleme het egter met nie-noodsaaklike dinge, soos byvoorbeeld slaggate in paaie te doen. Hoewel ‘n slaggat hier en daar tot ongerief ly, kan wakker bestuurders dit steeds misry of só stadig ry dat dit nie hulle voertuie beskadig nie.
Die afgelope tyd spook die munisipaliteit egter op die oog af om aan een van sy basiese funksies, die lewering van water, te voldoen.
Sonder water kan niemand oorleef nie. Die klein hoeveelhede water wat sommige inwoners van Kokosi die afgelope meer as ‘n week as deel van ‘n noodplan deur middel van tenkwaens ontvang, is ook nie genoeg vir basiese behoeftes nie. Om van huishoudings te verwag om met ‘n emmer water ‘n dag genoeg te hê om te drink, mee te was en kos mee gaar te maak, is verregaande.
Die feit dat dit die munisipaliteit so lank neem om die probleem op te los, bekommer ook, veral wanneer mens hoor dat klagtes oor waterlekke in Fochville reeds vir weke nie die aandag ontvang wat dit moet nie.
Intussen is daar teen druktyd ook geen aandag aan ‘n reuse-waterlek net buite Carletonville gegee nie. Hoe lank gaan dit neem voor dié lek ook tot verdere waterprobleme lei?
Indien die munisipaliteit nie aandag aan sulke op die oog af kleiner probleme gee nie, gaan die grotes hulle binnekort begin inhaal. Ongelukkig is dit aan die einde van die dag onskuldige inwoners wat dan weer aan die kortste end gaan trek.

Exit mobile version