Local newsSport

Gimnaste bring medaljes huistoe

Hierdie gimnaste het in verskeie items uitgeblink.

Twee jong gimnaste van die Losberg Gymnastics gimnastiekklub het medaljes tydens dié sport se nasionale kampioenskap ingepalm.

Die klub se hoofafrigter en eienaar, JJ Strydom, sê die klub se lede het uitstekend presteer tydens die Gym Games 2024, wat van 19 tot 29 September in Kaapstad gehou is.

Die SA’s is in die militêre sportkompleks in Wynberg en die Wes-Kaapse Sportskool in Kuilsrivier aangebied.

Altesaam 3 200 gimnaste van regoor Suid-Afrika het tydens die byeenkoms teen mekaar meegeding.

Twee van die klub se lede het medaljes ingepalm. Derian Lamprecht (11) het ‘n derde plek op die high bar gewen, terwyl Kiano Rossouw (14) ook ‘n derde plek op die vloer gewen het.

Intussen is een van die klub se afrigters, Wayne Strydom, ook gekies om as gimnastiek afrigter by die Universiteit van Pretoria te gaan werk.

Die medalje wenner Derian Lamprecht saam met sy afrigter, JJ Strydom.
Kiano Rossouw, wat ook ‘n medalje gewen het, saam met JJ Strydom.
Nog een van die gimnaste van Fochville wat aan die SA’s deelgeneem het, Miliencke van der Westhuizen, in aksie op die balanseerbalk.
Liam Kies besig op die high bar terwyl sy afrigter, Wayne Strydom, toekyk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button