Local newsSport

Goldfields West Private Gholfklub buite Carletonville bly bedrywig

Die klub het ook die Rotalia-sentrum in Carletonville met 'n spesiale gholfdag gehelp.

Die Goldfields West Private Gholfklub hou verskeie aksies om inwoners en instansies te help.

Diegene wat hul bene tydens Lente wil rek, sal op 5 Oktober ‘n roete om die klub se gholfbane kan stap of draf. Die geld word as deel van die bewusmaking rondom borskanker ingesamel en sal aan ‘n instelling wat hiermee verband hou, geskenk word.

Die vyf kilometer draf of stap sal om 08:30 begin.

Volgens Ananda Balt van Goldfields West Private Gholfklub is dit die tweede keer dat hulle so ‘n aksie hou.

Die doel is om inwoners van ons omgewing ‘n geleentheid te gee om die warmer weer en die buitelug te geniet.

Intussen het die klub ook op 30 Augustus ‘n gholfdag gehou om geld vir die Rotalia sentrum in te samel.

Dié sentrum vir gestremde volwassenes ontvang beperkte fondse van die regering en is van gemeenskapsaksies soos dié afhanklik.

Altesaam 80 spelers het aan dié dag deelgeneem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button