Local newsSport

Fochies se hokkie-bokkies tops

Ons kan hulle gerus volgende jaar weer dophou.

Twee van Hoërskool Fochville se hokkiespanne het dié seisoen uitstekend presteer.

Die Super-16 reeks het reeds in Maart afgeskop en beide die o14-span en die eerste span het goed gevaar. Hulle het ook dié kompetisie as voorbereiding vir hul ligas gebruik.

Die o14-span het boonop ‘n kliniek tydens die skoolvakansie in Maart bygewoon, tewyl die eerste span aan ‘n toernooi in Pietermaritzburg deelgeneem het. Dié harde werk het verseker dat die twee spanne uitstekend in hul liga’s vaar en tot die Noordvaal uitspele deurdring.

Die eerste span het in Meyerton meegeding en die 10de plek uit 16 skole behaal.

Die o14s het in Ermelo in Mpumalanga gaan deelneem, waar hule die negende plek in hul groep behaal het.

“Baie geluk hokkie-bokkies met julle harde werk en toewyding. Julle is ons trots,” sê die skool se woordoerder, Elsabe de Mesquita.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button