Local newsSport

Fochville se Pantherz leer by kenner van Kanada

Hulle neem volgende maand aan hul nasionale kampioenskap deel en het ook die publiek se ondersteuning hiermee nodig.

  1. Die Pantherz vroue-rugbyspan van Fochville het ‘n besige naweek gehad.

    Volgens die span se afrigter, Wiekes Coetzer het hulle die naweek aan ‘n wedstryd en leerskool in Benoni deelgeneem.

‘n Spreker van Kanada, Mike Jackson, het met die vroue kom praat. Jackson is die stigter van Rugby International Player Association (RIPA).

“Ek het al saam met hom in Kaapstad 10’s en Kaapstad 7’s rugby gespeel.
“Hy sê dat die vroue baie talent het. Hy het hulle gehelp met die tegniek om te duik en hoe om reguit te hardloop,” vertel Coetzer.
“Ek glo dat die vroue baie by hom geleer het en dat dit verseker ons spel sal verbeter.

“Ek is trots op al die vroue. Hulle is ‘n lekker groep en kan nie wag vir Nationals op 19 September in Mosselbaai nie,” voeg hy by.

Enige vroue wat steeds by die klub wil aansluit, kan Coetzer skakel by 083 957 3230.

Coetzer beplan dat die span van volgende jaar af in ‘n liga begin deelneem.

“Ons vra ook vir enige donasies of borge wat kan help om dit op sy voete te kry,” sê Coetzer.

Related Articles

Back to top button