Local newsSport

Afrigter kan draf óók

Die Pantherz is tans ons area se enigste rugbyspan.

Een van die afrigters van ons area se eie vroue rugbyspan, die Pantherz, het die afgelope naweek gewys dat hy in verskeie sportsoorte kan presteer.

Wiekes Coetzer het Saterdag in Parys aan die Fezile Dabi landloopliga deelgeneem. Hy het stof in sy opponente se oë gedraf en met die goue medaljes weggestap.

Coetzer se wenplek het hom vir die Vrystaat proewe, wat op 3 Augustus in Bloemfontein gehou word, laat kwalifiseer.

Intussen is hy weer komende Saterdag langs die rugbyveld wanneer die Pantherz in Benoni met die Madeliefies van Benoni kragte gaan meet.
“Ons werk hard om ons vir die wedstryd voor te berei,” sê hy.

Coetzer en die span se ander afrigter, Peet Bekker, reken dat dié wedstryd uitstekende voorbereiding vir die sport se nasionale kampioenskap, wat van 19 tot 24 September in Mosselbaai gehou gaan word, sal wees.

Indien daar enige vroue is wat belangstel om as deel van die Pantherz rugby te speel, kan hulle Coetzer by 083 957 3230 kontak vir meer inligting .Die Pantherz oefen Maandae en Woensdae by Laerskool Losberg in Fochville.

Coetzer saam met die entoesiastiese Pantherz, wat weer die naweek in ‘n groot wedstryd gaan speel.

Related Articles

Back to top button