Local newsSport

FRC-atlete skrik nie vir die Comrades

Hulle het almal uitstekend presteer.

Verskeie drawwers van die Fanatics Racing Club (FRC) van Fochville het Sondag oor die Comrades se uitmergelende bulte triomfeer.

Eben Roodt was in ‘n tyd van 08:40:41 die eerste klublid oor die wenstreep.
Tweede was Fochville se ster ultra-marathonatleet, Cornel Metcalfe, wat die eindstreep in ‘n tyd van 09:52:40 oorgesteek het.

Coleen Schmidt was derde in ‘n tyd van 10:01:14.

Die ander klublede se tye is: Donovan Williams (10:20:20), Conrad Freese (11:06:08), David Volkwyn (11:06:08), Ian du Plessis (11:06:14), Elmarie Hayes (11:06:21), Lize Jansen (11:24:52), Bernardus Jansen (11:24:52), Ursula Dippenaar (11:25:41), Olebile Pule (11:26:20), Jabulane Naas Lambert (11:42:01), Lumeri Feyt (11:42:17), Elizabeth de Beer (11:42:28), Esme Engelbrecht (11:44:31), Tuness Prinsloo (11:44:37), Adrian Stallenberg (11:50:20) en Danie de Wet (11:57:01).

Hayes en Pule het vanjaar hul 20ste Comrades wedlope voltooi.

Adrian Stallenberg was steeds vol energie toe hy afgeneem is.
Elmarie Hayes, wat haar 20ste Comrades voltooi het, het hier steeds fris en vars gelyk.
Ian du Plessis het ook die eindstreep in ‘n goeie tyd bereik.
Bernardus en Lize Jansen het ook vanjaar se Comrades met ‘n glimlag voltooi.

Related Articles

Back to top button