Local newsSport

Skopboksers wen medaljes

Carletonville se vegters staan vir niemand terug nie.

Vegters van die XKT Fight St skopboksklub van Carletonville het weer die afgelope naweek hul staal gewys.

Die vegters het Saterdag, 2 Februarie aan die Night of the Champions kompetisie by die Barnyard in Vereeniging medaljes ingepalm.

Die vegters, Leeroy Robinson, Alex Tuz en Dewald Greyling het elk met ‘n tweede plek weggestap na hulle hul staal tydens drie harde gevegte moes wys.

Leeroy en Alex het in die “low kick” afdeling deelgeneem, terwyl Dewald in die “high kick” afdeling sy staal gewys het.

Altesaam 26 vegters het deelgeneem en kaartjies vir die hele Barnyard-saal se sitplekke was uitverkoop.

Die klub se skopboksers gaan weer op 23 Maart aan die Battle of the East in Kempton Park deelneem, terwyl van die klub se MMA-vegters vandag (Saterdag 9 Maart) in Pretoria aan “grappling” gevegte gaan deelneem. Kenneth Golden gaan vanaand in ‘n senior MMA-geveg sy staal wys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button