Local newsSport

Dorado-span wen Billfish 15000

'n Span van Dorado Skibootklub se uitstekende vangste het verseker dat hulle vanjaar as die wenners van die Billfish 15000 kompetisie uit die stryd getree het.

Dorado Skibootklub van Carletonville bied jaarliks die Billfish 15000 kompetisie, die grootste byeenkoms vir hengelaars van snawelvis in die land, aan. Vanjaar se kragmeting is van 13 tot 17 November by Sudwana in KwaZulu-Natal aangebied.

Hengelaars van oor die hele land het op 85 bote aan die kompetisie deelgeneem.

Ondanks dié strawwe kompetisie het een van Dorado se eie spanne op die boot Fantasea, met die louere weggestap. Henry Gouws was die skipper met sy neef, Riaan van Vuuren, Mario Els en Malcolm van der Merwe wat ook aan boord hul staal gewys het.

Die span het met ‘n totaal van 799 punte gewen na hulle drie marlyne van sowat 150 kg elk ingekatrol het. Al die visse wat gevang is, is weer losgelaat.

Van der Merwe het die eerste wenvis, ‘n Bloumarlyn gevang, terwyl Els en Gouws ook onderskeidelik ‘n Swartmarlyn en nóg ‘n Bloumarlyn boot toe gebring het.

Dié vangste het verseker dat die Dorado-manne die kompetisie ver gewen het. Die span op die boot Bakgat van Vryheid in KwaZulu-Natal was tweede met 495 punte en ‘n span van Sodwana het met die boot Viskoors, derde geëindig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button