Local newsSport

Fochville rolbalspelers wys hul staal

'n Span van Fochville Rolbalklub het onlangs tydens 'n groot kompetisie presteer.

Die klub se mans driespel, ook bekend as “trips” span, het op 25 November aan die Noordwes Trips kompetisie deelgeneem. Dié provinsiale kragmeting is by die Potchefstroom Buiteklub aangebied.

Die span van Fochville, bestaande uit Martin van Bosch, Francois van der Merwe en Gert Venter, het hul só goed van hul taak gekwyt dat hulle ‘n bronsmedalje verower het.

Volgens Van Bosch is enige iemand welkom om te kyk of hulle dalk van die sport kan hou.

“Enige persoon, jonk of oud, wat rolbal wil leer of begin speel kan die klub skakel,” nooi hy voornemende spelers uit.

Belangstellendes kan die klub se president, George Labuschagne, by 082 447 7121 skakel.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button