Local newsSport

Jong gimnas laat hom nie onderkry nie

'n Jong gimnas van die Losberg Gimnastics klub in Fochville het onlangs gewys dat niks hom sal onderkry nie.

‘n Jong gimnas van die Losberg Gimnastics klub in Fochville het onlangs gewys dat niks hom sal onderkry nie.

Volgens die klub se hoofafrigter, JJ Strydom, het die negejarige Derian Lamprecht vanjaar uitstekend in gimnastiek gevaar.

“Hy het ‘n ‘winning streak’ gehad en het by al vier sy vorige kompetisies die algeheel eerste plek gewen,” sê Strydom. Groot was Derian se teleurstelling egter toe hy die Donderdag drie weke voor die sport se SA’s vroeër dié maand sy greep op die High Bar verloor en geval het. Dit was duidelik dat die jong gimnas ‘n ernstige besering opgedoen het. ‘n Dokter het dieselfde dag bevestig dat Derian sy sleutelbeen uitgehaak het.

“Hy was in ‘n toestand en het nie gedink het sou SA’s toe gaan nie. Hy moes die spesialis die komende Maandag gaan sien het,” vertel Strydom. Toe die spesialis egter weer dié dag X-strale neem, was Derian se sleutelbeen weer op ‘n manier teruggehaak.

“Ons glo vas dit was ‘n wonderwerk,” sê Strydom.

Derian moes wel fisioterapie kry voor hy weer baie rustig kon begin oefen. Op die ou einde kon Derian wel aan die SA’s deelneem en het ondanks sy besering ‘n 15de plek ingepalm.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button