Local newsSport

Jaguars presteer in die Vrystaat

Ons area se eie rugbyklub, die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars, het onlangs hul staal tydens 'n groot kompetisie in die Oos-Vrystaat gewys.

Die Jaguars het Saterdag, 9 September aan die 10’s rugbykompetisie wat tydens die Wilgiefees by Hoërskool Wilgerivier in Frankfort gehou is, gaan deelneem.
Spanne van onder meer Frankfort, Heilbron, Goudveld en Bethal het kragte gemeet.
Die kompetisie, wat DRDGOLD as hul grootste borg gehad het, was iets besonder aangesien dieselfde reëls as vir die sewes-kompetisie vir die 10’s gegeld het. Die MCR Jaguars het hul egter nie deur die ongewone formaat
laat terugsit nie en het met die algehele tweede plek weggestap.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button