Local newsSport

Jaguars vuur en vlam

Die MCR (Merafong Club Rugby) Jaguars het Saterdag gewys dat hulle 'n span is om mee rekening te hou.

Die klub se eerste en tweede spanne het dié dag op hul tuisveld teen die sterk Harlequins van Johannesburg te staan gekom.
Die tweedes het gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie toe hulle die Harlequins met ‘n telling van 29 – 17 in die stof laat byt het. Een van die Jaguars se spelers, Bongi Fana, is ook as Speler van die Wedstryd aangewys. Die eerste span moes ongelukkig met ‘n telling van 18 – 26 die knie teen hul opponent buig. Die Jaguar Bennie Germishuizen is na afloop van dié wedstryd as Speler van die Wedstryd aangewys.
Die dag het vir groot pret gesorg toe daar ook ‘n sewestoernooi gehou is. Die Barbarians het as wenners van dié kragmeting uit die stryd getree.
Intussen nooi die klub alle ouer spelers wat voel dat hulle nog lus is om rugby te speel, om deel van hul “Golden Oldies” span te word. Belangstellendes kan Pierre by 083 625 4437 kontak of ‘n e-pos na mcrjaguars@gmail.com stuur.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button