Local newsSport

Fochville se ruiters aan die gang

Verskeie ruiters van Fochville het weer die afgelope week tydens 'n groot kompetisie presteer.

Die ruiters het weer 9, 10 en 11 Junie hul staal tydens ‘n Sanesa (South African National Equestrian Schools Association) Saddle Seat kompetisie by die AfriDome in Parys gewys.
Drie ruiters van Laerskool Fochville het uitstekend tydens die kompetisie presteer.
Die negejarige Mariolee Brandon het vyf eerste plekke, ‘n tweede-, derde- en vierde plek behaal, terwyl haar sussie, Annemie (13) twee tweede- en twee derde plekke ingepalm het.
Jané Nel (12) het drie eerste plekke, ‘n tweede plek, ‘n derde- én ‘n vierde plek behaal. Emily Benson het op haar beurt twee tweede- en twee derde plekke behaal.
‘n Ruiter van Hoërskool Fochville, Kaylee van Zyl (13), het ook ses eerste- en twee tweede plekke tydens die kompetisie behaal.
Die afgelope skou was die laaste byeenkoms waartydens ruiters vir die nasionale skou in Augustus kon kwalifiseer. Teen druktyd het die plaaslike ruiters egter steeds gewag om te hoor of hul vir die span gekies is wat aan dié byeenkoms gaan deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button