Local newsSport

Fochville se ruiters wys hul staal

Ruiters van Fochville het onlangs verskeie plekke tydens ‘n skole-perdrykompetisie gewen.

Die ruiters het op 21 Mei aan ‘n Sanesa (South African National Equestrian Schools Association) Saddle Seat kompetisie by die Afridome in Parys deelgeneem.

Drie leerders van Laerskool Fochville het uitstekend tydens die kompetisie presteer.

Annemie Brandon (13) het sewe eerste plekke sowel as ‘n tweede plek ingepalm. Die negejarige Emily Benson het ‘n tweede, ‘n derde en twee vyfde plekke behaal.

Jané Nel (12) het twee eerste plekke, drie tweede plekke en ‘n derdeplek ingepalm.

‘n Ruiter van Hoërskool Fochville het ook uitstekend tydens die kompetisie presteer.

Kaylee van Zyl (13) het ses eerste plekke en twee tweede plekke ingepalm.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button