Local newsSport

Skopboksers staan vir niemand terug nie

Lede van die XKT Fight St skopboksklub in Carletonville het die afgelope naweek verskeie toekennings tydens 'n groot kompetisie ingepalm.

Verskeie van die klub se skopboksers het Saterdag aan die Great North 2 kompetisie in Vanderbijlpark gaan deelneem. Meer as 240 vegters van sover as die het aan die kompetisie, wat deur skopboks se nasionale beheerliggaam SAKA (South African Kickboxing Association) ondersteun is, deelgeneem.
Die Internasionale Olimpiese Komitee het ook die kompetisie erken. Dít volg na skopboks in 2021 amptelik as ‘n olimpiese sport erken is.
Die klub se grootste presteerder tydens die kompetisie was Sempai Maxy van Winkel. Sy het die “Champ of Champs” trofee in die vroue-afdeling gewen. Alle vroue en meisies van 16 jaar en ouer kon tydens dié kompetisie deelneem.
Verskeie klublede het ook goue medaljes huis toe gebring. Die klub se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, Emma Botha, Sumari-May Eddy, Abigail Botha en Dewald Greyling het elk drie goue medaljes in semi, light en kick light ingepalm, terwyl Alexis Fowler in twee verskillende divisies geveg en twee goue- en drie silwermedaljes gewen het.
Prince Molefe, Janco Kolbe, Ethan Butt, Lizeth Kolbe en Nathan Sale het elk twee goue medaljes gewen, terwyl Alex Tuz twee goue medaljes en ‘n silwer ingepalm en Jessi Kolbe ook ‘n goud huis toe gebring het.
Vegters wat silwermedaljes huis toe gebring het, is Luhan Kirsten, Thinus van der Westhuizen, Kaitlyn Botha, Jason Malan (in K1 volkontak) en Nathan Sale. Jordan Mitchell het twee bronsmedaljes ingepalm.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button