Local newsSport

Ratels raap medaljes op

Lede van die Ratels stoeiklub op Carletonville het dié week weer tydens 'n groot kompetisie presteer.

Dié klub se stoeiers het die afgelope naweek aan die Frank Joubert ope-kompetisie in Pretoria deelgeneem. Meer as 400 stoeiers het tydens die byeenkoms kragte gemeet.
Van die sewe Ratels wat ingeskryf het, het ses goue medaljes en een vegter ‘n silwer medalje huis toe gebring.
Zander Esterhuizen, Xeandri Esterhuizen, Tiaan Smuts, Jayden Botes en Johnny Rudolph spog elk met ‘n goue medalje, terwyl MJ Armitage ‘n silwer medalje ingepalm het.
Die volgende groot kompetisie waaraan klublede gaan deelneem, is die Noordwes-ope wat op 6 Mei in Klerksdorp sal plaasvind.
Die stoeiers is reeds besig om hul vir dié kragmeting voor te berei. Hulle oefen by hul stoeiklub by Rautenbachstraat 47 in Carletonville, Uitbreiding 9.
Enige belangstellendes wat wil deel word van die Ratels stoeiklub kan gerus hul voorsitter, Francois van Zyl, by 082 563 5986 kontak.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button