Local newsSport

Jaguars rugby vuur en vlam

Die nuwe Jaguars MCR (Merafong City Rugby) klub is reeds besig om te wys dat hulle spelers is om mee rekening te hou.

Die Jaguars is die eerste plaaslike klub wat vier spanne, ‘n eerste, tweede, o.21 en “Oldies”-span, vir die Leeus-liga kan inskryf.
Twee van die spanne, die Eerstes en o.21, moes Saterdag voor ‘n volgepakte Gert van Rensburg-stadion, naelskraap teen opponente van Diggers die knie buig. Diggers, wat uit spelers van die Oos-Rand bestaan, is die oudste klub wat aan die Leeus-liga deelneem.
“Ons speel in die Leeus-liga omdat dit baie geleenthede vir jonger spelers skep. Ons het spelers van regoor die area, tot van Kokosi, Khutsong en Wedela en oefen Dinsdae en Donderdae,” sê die klub se woordvoerder, Craig Barlow.
Hy voeg by dat die klub in “100 persent dissipline” en toewyding glo, en dat spelers op grond hiervan vir wedstryde gekies word.
Die klub het ‘n vyf jaar ooreenkoms met die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit om die Gert van Rensburg-stadion te gebruik maar dit self in stand te hou.
Hul volgende wedstryde is Saterdag teen Randfontein op laasgenoemde klub se bane.
Die klub beplan ook om later vanjaar ‘n wedstryd vir “Oldies” spanne aan te bied. Indien alles volgens plan verloop, sal spanne van regoor die land op Fochville aan dié kragmeting kom deelneem.
‘n Spesiale sewes toernooi, waaraan amper 60 spanne, waarvan bykans 20 damesspanne gaan wees, word ook beplan.
Diegene wat meer oor die klub wil weet, kan Barlow by 060 843 8929 skakel.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button